Gerookte Tamatie 125ml

R55.00

Die Gerookte Tamatie is hier om jou te verlos…

Van die alledaagse sous wat jy soos ‘n gewoonte misdadiger oor jou ma se kos bliksem.

Met jare se ondervinding roer sy die ervare houtlepel waarmee jy kleintyd pakslae gekry het.

In die potte prut ‘n nektar wat hoendervleis op jou verstandtande gee.

Hierdie moedersmelk is geskik vir uiters alles en boonop ’n alomheersende dokter vir die wingerdgriep.

Maak oop die vir die treintjie. Jou ma se sous is hier om jou innerlik te bederf.

Availability: In stock

Bestanddele
Tamaties, uie, asyn, suiker, kerrie, perskes, knoffel, soya

Allergieë
Daar is neute in die kombuis

Shopping Basket